GSOK
Gimmie-sport Ondersteunersklub is ’n inisiatief wat deur Gimmies se sportfanatiese ouers begin is om Gimmies se sport na nuwe en hoër hoogtes te neem.
Wat is GSOK?
Wat is GSOK?
Gimmie-sport Ondersteunersklub is ’n inisiatief wat deur Gimmies se sportfanatiese ouers begin is om Gimmies se sport na nuwe en hoër hoogtes te neem.
Visie
GSOK bied vir elke leerder die geleentheid om sy/haar volle potensiaal en talent in sport te ontgin.
Missie
- Om deur middel van lewensvaardighede ‘n fondasie van REGHOU daar te stel.
- Om deur middel van aktiwiteite ‘n gesonde liggaam te huisves.
- Om ‘n lewenslange liefde vir sport te kweek.
- Om ‘n moontlikheid daar te stel om sport as loopbaan te kies.
- Om nuwe hoogtes te bereik deur een van die beste sportskole in die land te word.
Verskeie kort-, medium- en langtermyndoelwitte is opgestel en verskeie daarvan is al bereik.
Raak betrokke
Alle ouers word aangemoedig om lede van dié klub te word. Alle fondse wat ingesamel word, word aangewend om alle sportsoorte te bevorder.
Sluit vandag nog aan en dra daartoe by dat Gimmies se sport nuwe en hoër hoogtes bereik:
Infrastruktuur
- Dryf die ontwikkeling van die Gim Gym, koop apparaat en stel ‘n biokinetikus aan
- Opgradering en instandhouding van sportvelde
- Drie tennisbane is oorgedoen
- Vlak 3-tennisafrigter is aangestel (slegs 4 in die land)
- Spreiligte by krieketnette in samewerking met borg
- Oordoen van aanloop by grasnette
- Permanente verwer wat deur GSOK betaal word
- Spiesgooi tartanbaan
- Verskaf Gimmies se gazebo’s
- Gimmie Archword vir groot geleenthede aangekoop
- Nuwe toerusting vir die Gim Gym
- GSOK-kantoor en 1 permanente pos
- Beïnvloed die opgradering en standardisering van Capping-funksies vir 1ste spanne
- Meer as R1 miljoen vir sportsoorte bygedra
Bemarking
- Bemarkings materiaal vir sportsoorte
- GSOK 3D-webtuiste
- Sosiale bemarking op Facebook en Instagram
- Betaalde advertensies in Gimmies se opvangsgebied
- Borg watergat by Gimmie-Gholfdag
- GSOK gebottelde water word aan al die sportsoorte beskikbaar gestel
- 1000 vlaggies vir groot bemarkingsgeleenthede
- Borg atletiek se werwingsfunksie
- Behaal doelwit van 1000 leerders in Gimmies
Sportbeseringsbystand
- Stigting van GSOK Pienaar Brand-hulpfonds met duidelike riglyne
- Finansiële bydrae vir die behandeling van ‘n beseerde hokkiespeler
Dankie aan elke GSOK-ondersteuner vir jul bydrae om bogenoemde te laat realiseer.
GSOK-Bestuur
- Voorsitter: Cobus van Graan
- Ondervoorsitter: Soekie Coertzen
- Administrateur: Almadé de Beer
- Finansies: Kobus Retief
- Bemarker: Beunda Williams
- Sportskakelpersone: Tiaan Liebenberg, Xavier Palmer
- Projekte en Fondsinsamelings: Johan Schabort,Michael Muller
- Oud-Gimmie: Johann du Toit
- Ander lede:Johan Botha, Jacques Botes
- Stigterslede:Jean Verster, Leon Boshoff