Personeelkonsert

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

PERSONEELKONSERT

Tradisionele wysheid vereis dat werk nie veronderstel is om fun te wees nie – dis hoekom dit werk genoem word.   Maar by Gimmies is ons nie bang om die mold te breek nie.   Gimmies-gees is só aansteeklik dat onnies een keer ‘n jaar saam laf kan wees en al te lekker uithaak!   Dis nou by die personeelkonsert (ons praat glad nie hier oor mannewales tydens klastyd nie).   Onderwysers het beroemde persone (in sekere gevalle meer berugte persone) by die Tappit-sokkie nageboots.   Die snaaksste deel van die hele aand is dat daardie uitrustings wat gedra is, actually uit hul klerekaste kom…mmm.

Mnr. Sean en juf. Madeleine het as die seremoniemeesters die verrigtinge vlot laat verloop en die onnies het selfs tussendeur die optredes ‘n draai op die dansbaan gegooi.   Jy mag nie ‘n produksie wat deur die gedugte Gimmie-onnies op die planke gebring word, misloop nie.  Merk nou al die datum in jou 2020-dagboek.