Ontmoet ons Hoof
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
Geleë op die oewer van die Mooirivier lê die uitgestrekte terrein van Potchefstroom Gimnasium, ‘n skool met ‘n tradisie van uitnemendheid op alle terreine – akademie, sport en kultuur.
Gestig in 1907, is hierdie die oudste Afrikaansmedium-hoërskool in die land. 114 jaar se bestaan het Gimmies ‘n tradisieskool gemaak waarop elke Gimmie ongelooflik trots is. Ons is baie dankbaar vir ouers, personeel en leerders wat onvermoeid help bou het aan Potchefstroom Gimnasium.
Die tradisie en atmosfeer wat van jou ‘n Gimmie maak, is ‘n erflating wat niemand van jou kan wegneem nie. Wanneer ‘n mens op die terrein rondbeweeg, word jy bewus van hierdie besondere gees. Skoolgeboue, kultuur- en sportgeriewe en moderne toerusting voltooi die prentjie.
Cachet (dogters) en Brandwag (seuns), die twee koshuise, verskaf verblyf aan 280 leerders van regoor Suid-Afrika en ons buurlande.
Vir ons by Gimmies gaan dit oor die hoë verwagting wat elkeen aan homself stel, die geesdrif en passie, die verskeidenheid aktiwiteite, die geordende en gedissiplineerde skoolomgewing en die persoonlike geluk en geestelike welsyn van ons leerders.

’n Besondere eer val ons te beurt toe die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, Gimmies in 2016, 2018 en 2019 as die beste kwintiel 4-skool in die land aanwys.