Skyfskiet

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

SKYFSKIET

Gimmies is baie trots op die duidelike groei wat in dié sport plaasvind.


  • Daar was ses ligawedstryde en Gimmies het drie van die ligas met groot sukses aangebied.
  • Die volgende 13 skuts het NW-kleure verwerf en het gedurende die Oktober-vakansie aan die nasionale kampioenskappe in KwaZulu-Natal deelgeneem:
    o/21
    Jomarie Oosthuizen: Sporter Geweer
    Anthony Theunissen: Pistool
    o/16
    Nadine Nel – Skiet ‘n volkaart tydens Noord-Gauteng-kampioenskappe
    Maricha Maree
    Albert Combrinck
    Marli van Staden
    Ruhan Janse van Vuuren
    Nathan Brunette
    Juan Tolmay
    o/14 
    Shani Nel
    Ruhan van der Merwe
    Cornalie Herbst
    Ryno Schutte

Nadine Nel volg baie mooi in haar suster, Hermé, se voetspore en word as kaptein van die Noordwes-span aangewys. Ons is baie trots op haar.

  • SA-kampioenskappe behaal:
    o/21-pistoolspan:  Anthony Theunissen (A-span) verwerf ‘n goue medalje.
    o/14-sporterspan: Shani Nel en Ruhan vd Merwe (A-span) verwerf ‘n bronsmedalje.


Die getal skuts per ouderdomsgroep is as volg: o/14 -13; o/16 - 12 ; o/21 - 7. Hierdie is ‘n totaal van 32 skuts.

NW-kleure:
11 Gimmie-skuts verwerf NW-kleure tydens die nasionale kampioenskappe. Tydens die kampioenskap word Jomarie Oosthuizen as die beste opkomende skut aangewys.

Baie goeie prestasie is deur Hermé Nel, o/21 skut behaal. Hermé is vir die BJI SA-skolespan wat gedurende Augustus 2018 in Engeland gaan toer het, gekies. Hermé het dan ook in spanverband twee goue medaljes verower en is as die kaptein van die SA-Skolespan aangewys.