Tennis

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

TENNIS

Gimmies se tennis presteer jaar na jaar uitstekend.


  • NW-skoleliga: agt seuns- en drie dogterspanne ingeskryf.  Die seuns was die Potchefstroom-wenners in al ses ligas.  Die eerste seunspan en die sesde liga het na die finaal deurgedring, maar ongelukkig verloor.  Die eerste dogterspan het ‘n pragtige oorwinning oor KHS behaal om as NW-wenners gekroon te word.
  • Sun City-toernooi: Die seniorspan het in die finaal net-net teen Nelspruit verloor.
  • Absolut Menlo-toernooi: Die seun- en dogterspan het onderskeidelik vyfde en sesde geëindig.
  • NWU-Prestige-Sportreeks: het ons seniorspan derde en die juniors eerste geëindig.  Ons tennisspelers eindig algeheel eerste in die NWU-Prestige-Sportreeks.
  • In Julie het ‘n junior seun- en dogterspan aan die Buffelspoort-toernooi deelgeneem en waardevolle ondervinding opgedoen.  In September het ‘n tweede seun- en dogterspan aan die Bethlehem-toernooi deelgeneem en uitstekend gevaar teen baie sterk kompetisie.
  • Interprovinsiale toernooi: gedurende die Maart-vakansie het Liezel Muller, Roney Yssel en MC Venter in die o/19 NW-span gespeel.  Jan-Hendrik Botha, Marjuzel Venter en Anica Swart het in die o/15 NW-span gespeel.


NW-skoleliga:
Ses seun- en vier dogterspanne is in die NW-skoleliga ingeskryf.  Die tweede seun- en dogterspanne het hul ligas gewen.

Sun City-toernooi:
Twee spanne neem aan die toernooi deel. Die seniorspan het tweede uit nege skole geëindig en die juniorspan vierde uit vyf spanne.

Absolut Menlo-toernooi:
‘n Seun- en dogterspan het aan die Absolut Menlo-toernooi deelgeneem.  Beide die seun- en dogterspanne het agtste geëindig.

Puk-Prestige-reeks:
Die seniorspan eindig vyfde en die juniors eindig tweede. Gimmies was algeheel derde in die PUK-Prestige-Sportreeks.

In die interprovinsiale toernooi in Pretoria gedurende die Maartvakansie het Johan Stadler no.1 in die o/19-span gespeel.  Jacqueline van Rooyen en Michael van Rooyen het Noordwes in die o/15-span op no. 2 en 4 verteenwoordig.