Top 10-toer

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

TOP 10-TOER

Die toptien-toer is ‘n jaarlikse instelling waar die top tien akademiese leerders van graad 8-11 die geleentheid kry om op ‘n opvoedkundige toer te gaan.  Vier en veertig leerders vergesel van mee. Mizelle Prinsloo en Susan Botha het die toer in 2018 meegemaak.

Die leerders is in September na die ATKV-Drakensville-oord en besoek op pad daarheen die dorp Clarens.  Die groep het middagete geniet en in die winkeltjies rondgesnuffel.  By die Oord is daar verskeie aktiwiteite vir die avontuurlustiges aangebied soos Scootours, absailing, King Swing en paintball.  Leerders het ook na ‘n waterval gestap waar hulle in die poele kon afkoel.  Op die laaste dag het die groep na ʼn roofvoëlvertoning gekyk, wat baie professioneel en interessant was.

Die Top 10-toer is ‘n jaarlikse hoogtepunt waar harde werk beloon word.