Valbal

  (018) 293-0267/9   potchgimmies@gimmies.co.za / rao@gimmies.co.za

VALBAL

Aan die begin van die jaar blom die liefde veral teen 14 Februarie.  Dit is wanneer Gimmies jaarliks ‘n Valbal aanbied.  Rokke word gemaak, hare gedoen en ure word voor die spieël deurgebring vir dié spesiale funksie.  Hierdie jaar is al die kaartjies uitverkoop en die Bal het letterlik uit sy nate gebars.

Geen graad 8-, 9- of buiteleerders word toegelaat nie, aangesien die plekke beperk is.

Die tema was Vier die Liefde en Crista Galli was die ideale plek vir dié feestelike geleentheid.  Almal het baie lekker gedans en gesmul aan die heerlike kos.  Die leerders sien baie uit na volgende jaar se Valbal en begin reeds vra wanneer die kaartjies beskikbaar is.