Matriekprysuitdeling

Die matriekprysuitdeling en erediens was weereens ’n baie spesiale en spoggerige geleentheid. Matrieks, dit was ’n eer om julle vir oulaas oor die verhoog te sien loop en te vereer vir harde werk, deursettingsvermoë en Gimmie-guts. Mag elkeen van julle die boodskap van ds. Raubenheimer ter harte neem, so ook die graad eentjies se boodskap. […]

Gimmies hou Kersfees!

Liggies, Kersvader en Kersliedere het Gimmies vinnig in die feesseisoen-stemming gekry! Op Woensdag 21 Oktober het Gimmie-vriende bymekaar gekom, lekker saamgesing en ’n aand onder die sterre geniet. Dankie aan almal wat dié inisiatief ondersteun het en ’n sagte speelding saamgebring het. Dankie aan juffrou Loretté du Toit en haar span vir al die reëlings. […]

SA- skopbokskampioenskappe

Baie geluk aan Leonèze Liebenberg, ’n graad 8-leerder, wat die afgelope naweek aan die SA- skopbokskampioenskappe in Pretoria deelgeneem en puik presteer het. Sy verower ’n silwer- medalje in die kicklight-kategorie en ’n brons in die ligte kontak-kategorie. Sy behaal ook ’n vierde plek in die semikontak-kategorie. Mooi so, Gimmie is trots op jou.

Eerste netbalspan is SA-kampioene!

Mooi so, netbaldogters! Gimmies se eerste netbalspan het in die finaal vir Hoërskool Menlopark met 25-22 gewen. Hierdie dogters verdien die titel SA-kampioene! Gimmies is baie trots op julle. Die o.16-span eindig 12de en die o.14-span 13de.

Wiskunde-leerders is topklas

Gimmies se wiskunde-leerders het aan die SAMF-wiskunde-olimpiade  deelgeneem, en hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Gimmies word as die toppresterende kwintiel 4-skool aangewys. Mooi so, wiskundiges! Ons is trots op julle.

o.15A’s eindig derde

Gimmies is baie trots op die o.15A-netbalspan wat derde gekom het by die Motsepe-netbaltoernooi. Die span het ook R50 000 vir die skool gewen. Welgedaan, dogters, julle harde werk word raakgesien en julle is besig om die vrugte daarvan te pluk. Geluk ook aan die afrigters en juffrou Rona van Wyk wat betrokke is by […]

Landsdiensleiers

Tydens die Noordwes-landsdienskamp is die volgende Gimmies vir die nasionale projek gekies. Baie geluk! Gimmies is trots op julle. Shané Snijman – senior groepleierJosef JoubertDanel Fourie – junior kampleier

Dansers dan hulle harte uit!

Gimmies is baie trots op die volgende leerders wat aan die nasionale Uitvoerende kunste-kompetisie deelgeneem en puik presteer het! Altesaam het hulle 67 medaljes ingepalm en al nege Gimmies is in die Team South Africa 2022-span opgeneem. Dit wil gedoen wees! Dans: Jamila de Vry Danica van Wyk Shana Strong Jana Venter Georgia Jacobs Dans […]

o.15A’s wen in Durban

Die o.15A-krieketspan het aan ‘n toernooi in Durban deelgeneem en wen drie van hulle vier wedstryde. Ons is baie trots op dié seuns wat hul uitstekend van hul taak kwyt. Gimmies wen Northwood met vyf paaltjies, Northwood uitnodigingspan met een paaltjie en St. Charles College met ses paaltjies. Gimmies verloor met 59 lopies teen Clifton.

Gimmie speel topklas tennis

Gimmies is baie trots op Mari-Louise van Zyl wat tydens die Growthpoint Super 8 Durban-tennistoernooi puik presteer het. Sy wen die dames ope enkel- en dubbelspel. Welgedaan!