Akademie
By Potchefstroom Gimnasium word uitnemende onderrig as die paspoort tot elke leerder se toekoms gesien. Dit is juis om hierdie rede dat ons akademie as baie belangrik ag. Ons vreugde lê in die manier waarop leerders geleenthede gebruik en dit word die motivering vir die aanpak van elke nuwe skooljaar.
Vakkeuses
In graad 8 en 9 word ‘n vaste kurrikulum, soos deur die Onderwysdepartement bepaal, gevolg. Graad 9-leerders kan uit 17 vakke kies vir graad 10. Hierdie wye verskeidenheid vakke maak dit moontlik dat leerders verskeie studierigtings kan oorweeg.
GRAAD 10 TOT 12:
Verpligte leerareas:
Afrikaans Huistaal en Lewensoriëntering
Verpligte leerareas se keuse komponent (kies een):
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid en Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
Kern- en keuse komponent (kies enige drie):
Toerisme, Besigheidstudies (BS), Lewenswetenskappe (LW), Ingenieursgrafika en-ontwerp (IGO), Musiek (Mu), Ontwerp (OK), Visuele Kunste (VK), Ekonomie (Ek), Fisiese Wetenskappe (FW –Wiskunde is ‘n voorvereiste), Verbruikerstudies (VS), Rekenaartoepassings tegnologie (RTT), Rekeningkunde (Rk), Geografie (Geo), Inligtingstegnologie (IT–Wiskunde is ‘n voorvereiste), Drama (8ste vak) en Dans (8ste vak)
Akademiese uitslae
Die suksesse wat Gimmies die afgelope paar jaar bereik het, getuig van toewyding, lojaliteit en uitnemendheid.
Potchefstroom Gimnasium word deur die Departement van Basiese Onderwys as die naasbeste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys op grond van ons 2025-matriekuitslae. Hierdie is die derde keer dat Gimmies hierdie besondere erkenning ontvang, nadat ons in 2018, 2019, 2022, 2023 en 2024 as die beste kwintiel 4-skool in Suid-Afrika aangewys is. Hierdie prestasie getuig van die uitsonderlike toewyding van ons matriekgroep van 2025, ons passievolle en toegewyde onderwysers, asook die onskatbare ondersteuning van ons ouers. Saam bou ons aan ‘n kultuur van uitnemendheid waarin elke Gimmie die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik.
By Gimmies bied ons vir elke leerder die geleentheid om sy/haar volle potensiaal te bereik en sy/haar beste te gee. Elke leerder dra by tot die suksesse wat die skool bereik. Gimmies beskik oor personeel met besondere vak kennis en ervaring.
Eksamen- en toetsrooster
Nuwe en hersiende roosters word gereeld bygewerk.
Sekere kwartaaltoetse word ook tydens klastyd geskryf
Akademiese navrae
Vir enige akademiese navrae, kontak gerus die volgende graadhoofde.
Graad 8 – Me. Madeleine Gerber – madeleine.gerber@gimmies.co.za
Graad 9 – Me. Róna van Wyk – rona@gimmies.co.za
Graad 10 – Mnr. FJ de Kock – fjdekock@gimmies.co.za
Graad 11 – Mnr. Dawie Grobler – dawie@gimmies.co.za
Graad 12 – Mnr. JR Jackson – johnross.jackson@gimmies.co.za