Seuns- en Dogterskoshuis

Geleë op die skoolterrein, spog ons met ’n huis-weg-van-die-huis waar trots, respek en eerlikheid die hoeksteen van elke koshuisleerder se waardes is.

By Cachet-meisieskoshuis streef ons daarna om elke dogter holisties te ontwikkel en te laat groei. Die dogters se positiewe samewerking en gesindheid is die koshuis se trots.

By Brandwag-seunskoshuis streef ons daarna om vir elke seun die waardes van die lewe te leer. Brandwag-seunskoshuis se leuse is Waar seuns manne word en ons streef daarna om dit vir elke seun te bewaarheid.

Dagstudente

Leerders wat in die middae by die koshuis wil eet, kan ’n eteboekie by die finansiële kantoor koop..

Dissipline

By Brandwag en Cachet word goeie dissipline gehandhaaf, maar ruimte word gegee vir elke koshuisleerder om hulself te kan wees en die koshuislewe te geniet.

Studietye

Die vasgestelde studietye is iets waaroor streng beheer uitgeoefen word. Studie word in die eetsaal gehou en as jou punte goed is, mag jy in jou kamer studeer.

Sosiale aksies

Elke kwartaal word daar ‘n gesamentlike aksie vir dié twee koshuise gereël en dit is iets waarna almal uitsien. Daar word gereeld "Sing-songs" gehou en die gesellige sokkies saam met Brandwag gee die manne kans om hulle braaivernuf te wys.

Sekuriteit

Elke koshuis beskik oor gewaarborgde veiligheid deur middel van ’n vinger-afdruksisteem en "tag", asook 24 uur kamera-monitering.

Ontspannings- lokaal

Brandwag en Cachet het elk ’n ontspanningslokaal waar hegte vriendskapsbande gesmee word.

Netjiese fasiliteite

Netjiese geriewe en fasiliteite is by elke koshuis beskikbaar. 'n Yskas is toelaatbaar in koshuiskamers indien leerders dit verkies.

Loopafstand

Beide die koshuise is loopafstand van die skool se sportgeriewe, die Bult-sakegebied, waar ’n winkelsentrum, apteek, dokter, fisioterapeut, biokinetikus en talle res-taurante en koffiehuise is.

Koshuisdinee

’n Spoggerige geleentheid waarna almal vreeslik na uitsien geniet.

WiFi

Huiswerk en opdragte word vergemaklik deur beheerde toegang tot WiFi.

Gesonde kos

Die koshuisleerders ontvang elke dag drie voedsame etes en word selfs so nou en dan met pizza bederf.

Dienspersoneel

Uitstekende diensdoenendepersoneel wat op die koshuisterrein woon en by die skool betrokke is. Elke graad het ook ’n personeellid wat as voog dien. Beide koshuise het ’n matrone en sy en haar span sorg dat die koshuis skoon en netjies gehou word.

Ouerkomitee

Ouerkomitee – Cachet:

Graad 8 – Hayley Buhr – hayley@heinal.co.za
Graad 9 – Yolandi Jonker – yolandi.jonker@nwet.co.za
Graad 10 – Judy Roode –  judyroode@gmail.com
Graad 11 – Solene Lombard – solene@wasp-sa.co.za
Graad 12 – Lindie van der Westhuizen – lindie@cairogroup.co.za

Ouerkomitee – Brandwag:

Graad 8 –Solené Lombard – solene@wasp-sa.co.za
Graad 9 – Rolien du Toit – roliendt@ctutraining.co.za
Graad 10 – Hayley Buhr – hayley@heinal.co.za
Graad 11 – Luïse Stadler – luise@gmail.com
Graad 12 – Adele Frauendorf – adele@vpv.co.za

Koshuisvideo's