Gimmie-Sport
Gimmies bied aan sportleerders ‘n legio geleenthede. Leerders se vaardighede om in hulle gekose sportsoort te presteer, word deur middel van gespesialiseerde afrigting, kampe en toere ontwikkel. Ons is trots op ons goedtoegeruste sportfasiliteite wat Gimmies van die res van die skole, nie net in Potchefstroom nie, maar ook in Noordwes, onderskei. Dit is vir ons belangrik om op elke vlak van sport kompeterend te wees, terwyl leerders dit geniet en sy/haar beste gee.
Gimmies is trots op uitstekende sportstrukture wat in plek is. Jacques Botes, oud-Gimmie en Sharks-rugbyspeler, is onlangs as direkteur van sport aangestel. Gimmies se sport is besig om nuwe en hoër hoogtes te bereik en ons is opgewonde oor die groei wat plaasvind.
Atletiek & Landloop
Gimmies het vir baie jare al ‘n puik atletiek reputasie en dit dien as motivering om dit so te hou. Ons is bevoorreg om puik afrigters, wat al op internasionale vlak deelgeneem het, as deel van die afrigterspan te hê. Gimmies spog ook met drie junior Springbokke wat die afgelope drie jaar opgelewer is. Atlete oefen regdeur die jaar op ons topgehalte grasbaan. Gimmies se toegewyde landloop afrigters lewer jaarliks Noordwes- en SA-kampioene op. Die landloopbaan grens aan die Mooirivier en oud en jonk geniet dit om hierdie roete te hardloop. Gimmie-atletiek fokus op die oordra van kennis, wat oor jare deur afrigters opgedoen is, aan jong atlete.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Cyril Lawless by 082 493 4072.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Cyril Lawless by 082 493 4072.
Bergfietsry
Gimmies se bergfietsry het onlangs vlam gevat. Die leerders geniet dit om op hulle fietse te spring, die grondpad aan te durf en die natuur opnuut te waardeer.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Cyril Lawless by 082 493 4072
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Cyril Lawless by 082 493 4072
Gholf
Gimmies se gholf bied leerders die geleentheid om op van die spogbane in Noordwes aan ligas te kan deelneem. Dié sport leer spelers om self dissipline, nie net op die baan nie, maar ook in die lewe, toe te pas. Gimmie-gholf is trots daarop dat daar amptelik gedurende die jaar met die eerste fase van die Gholf-Akademie vordering gemaak is. Vier nuwe oefennette is opgerig sodat gholfspelers hulle houe daar kan oefen. Volgende jaar word die volgende fase voltooi wanneer ‘n setperk gebou word.Gimmies is opgewonde oor dié sport wat al hoe meer belangstelling by seuns en dogters geniet.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Esperè Brink by 082 873 7284.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Esperè Brink by 082 873 7284.
Hokkie
Gimmies se hokkie-afrigters is toegewy daaraan om by die seuns- en dogtershokkie goeie kwaliteit afrigting te verseker. Dit is vir ons belangrik om teen top presterende skole mee te ding, terwyl ons spelers die geleentheid kry om hulle volle potensiaal te bereik.
Vir enige navrae, kontak gerus die hokkiedirekteur, Zandrie Reynders by 071 880 6341.
Vir enige navrae, kontak gerus die hokkiedirekteur, Zandrie Reynders by 071 880 6341.
Krieket
Gimmies se krieket is trots daarop dat sewe seun- en een dogterspan aan die Noordwes-liga deelneem. Die Krieketakademie se binneshuise geriewe maak dit vir spelers moontlik om regdeur die jaar hul krieket vaardighede te verbeter. Die agt grasnette, met uitstekende spreiligte, verseker dat spelers in die aand ook kan oefen. Gimmies is bevoorreg dat Gordon Parsons, een van die drie CSA vlak 3-afrigters, by ons krieket betrokke is. Deur die jare het verskeie Gimmies soos Nicky van den Bergh, Marco Jansen en Ruan Haasbroek naam in krieket kringe gemaak. Gimmies is veral trots op Marco Jansen wat tans vir die Protea-span speel.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Wian Lubbe by 073 781 8243.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Wian Lubbe by 073 781 8243.
Muurbal
Gimmies se muurbal neem die afgelope tienjaar aan die Potchefstroom Hoërskole muurballiga deel en presteer puik. Daar is jaarliks Gimmies wat Noordwes by verskeie toernooie verteenwoordig, en individueel goed presteer. Ervare spelers van die NWU rig die Gimmie-spelers af.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Francis de Wet by 082 955 5744.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Francis de Wet by 082 955 5744.
Netbal
Gimmies se netbal vaar uitstekend in die liga-wedstryde en die SA School’s-kampioenskappe. Dorette Badenhorst, Protea-afrigter, bied jaarliks ’n kursus aan waar waardevolle netbal kennis met die spelers gedeel word. Die Netbalakademie, waarby gekwalifiseerde afrigters betrokke is, bied die geleentheid vir spelers om posisionele afrigting te ontvang. Ons is trots daarop dat Gimmie-spelers jaarliks vir verskeie Noordwes-spanne gekies word.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Maryke Coetzee by 076 755 0754.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Maryke Coetzee by 076 755 0754.
Rugby
Gimmies se rugby is die trots van die skool. Ons het ʼn uitstekende afrigtingspan onder leiding van Jacques Botes, oud-Sharks rugbyspeler wat tans die rekord vir meeste deelname aan Curriebeker-wedstryde hou, asook ander professionele afrigters. Die hooffokus is om spelers holisties te ontwikkel, strukture in plek te stel, tradisies vas te lê en ’n liefde vir die sport te kweek. Gimmies spog met verskeie oud-Gimmies wat vir die Springbokke gespeel het en in rugby geledere naam gemaak het.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Jacques Botes by 083 628 1268.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Jacques Botes by 083 628 1268.
Skyfskiet
Skyfskiet word al baie jare by Gimmies beoefen en ons is opgewonde oor die sport wat al meer aandag geniet. Van 2014 af het die skuts van sewe tot vyf en veertig gegroei. Ons grootste trots is die skuts wat hul Protea-kleure verwerf het en Suid-Afrika by die British Junior International-byeenkoms verteenwoordig het. Oud-skuts, wat met afrigting help, dra verseker by tot die sukses wat ons skuts behaal. Indien ’n leerder graag die sport wil beoefen, maar nie oor hul eie toerusting beskik nie, kan die skool se toerusting gebruik word.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Bettie Jacobs by 082 454 4835.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Bettie Jacobs by 082 454 4835.
Swem
Swem is verseker ’n sport wat self dissipline, deursettingsvermoë en toewyding verg – eienskappe wat Gimmie-swemmers beslis het. Swem bied aan leerders die geleentheid om individueel en as ‘n span uit te blink. Ons spog met ‘n 25 meter swembad wat op die skoolterrein is en swemmers kan by een van twee topgehalte swemklubs aansluit. Ons het jaarliks ten minste vyf Noordwes-swemmers wat ook op nasionale vlak presteer.
Vir enige navrae, kontak gerus
vir Theo Olivier by 066 224 4302.
Vir enige navrae, kontak gerus
vir Theo Olivier by 066 224 4302.
Skaak
Skaak is ‘n sport wat jou redenasie- en denkvermoë bevorder. Gimmies se skaak bied leerders die geleentheid om nie net individueel nie, maar ook as ‘n span deel te neem en te presteer. Spelers neem jaarliks aan die liga deel en vaar uitstekend. Ons spog met elf provinsiale spelers wat ook al op nasionale vlak deelgeneem het. By Gimmies stel ons spelers bloot aan kwaliteit afrigting deur ervare afrigters.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Anica Schoeman by 083 412 9100.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Anica Schoeman by 083 412 9100.
Tennis
By Gimmies kry tennis spelers baie geleenthede vir deelname aan toernooie. Die Tennisakademie, GUTS, word passievol deur Jeanna Schmidt, ’n vlak 3-afrigter, en ander top afrigters bedryf. Die spelers neem aan verskeie toernooie soos die Absolut Menlo- en Sun City-toernooi deel waar hulle kop en skouers bo die res uitstaan. Die dogterspan het as wenners by die Absolut-Menlo-toernooi weggestap. Gimmies se seun- en dogterspan is ook provinsiale wenners van die Paribas Rising Stars-tennis toernooi. Gimmies spog ook met vier tennisbane wat in die aande met spreiligte verlig word.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Hanlie Smuts by 073 887 9231.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Hanlie Smuts by 073 887 9231.
Buite-Sport
Baie Gimmies neem aan verskeie buite-sportsoorte deel. Dit sluit onder andere perdry, karate, tweekamp, lewensredding, dans, gimnastiek en hengel in. Puik prestasies word behaal en verskeie Gimmies verwerf Noordwes-kleure. Leerders wat aan buite-sportsoorte deelneem, kry ook die nodige erkenning.
GimGym
Gimmies is baie trots op die gimnasium, wat deur GSOK (Gimmie-sport Ondersteunersklub) gestig is, en bydra tot uitnemende sport ontwikkeling. Rouan Knoesen, ons biokinetikus, help Gimmie-leerders met sport rehabilitasie, fiksheids programme en kondisionering om te verseker dat elke leerder die sportseisoen met baie selfvertroue tegemoet kan gaan.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Rouan Knoesen by 082 777 4937.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Rouan Knoesen by 082 777 4937.